Britse Vloot

Britse Vloot
Gestig Vroeë 16de eeu
Land Verenigde Koninkryk
Tipe Vloot
Vaandel
Hoofkwartier Ministerie van Verdediging se Hoofgebou, Whitehall
Aantal lede 90 skepe
33 landingstuie
149 vliegtuie
Kommandostruktuur Vlootdiens, HM gewapende magte
Mars Heart of Oak
Kleur Rooi en wit
Veldslae Amerikaanse Rewolusionêre Oorlog
Anglo-Amerikaanse Oorlog van 1812
Eerste Opiumoorlog
Tweede Opiumoorlog
Eerste Wêreldoorlog
Tweede Wêreldoorlog
Korea-oorlog
Viëtnamoorlog
Falklandoorlog
Golfoorlog
Irakse Oorlog

Die Koninklike Britse Vloot (Engels: Royal Navy, afgekort RN) is die militêre vloot van die Verenigde Koninkryk. Dit is die oudste deel van die Britse krygsmagte, en word daarom ook die "Seniordiens" genoem. Vanaf die 18de eeu tot die Tweede Wêreldoorlog was dit die grootste en sterkste vloot ter wêreld. Die Britse Vloot het 'n belangrike rol gespeel om Brittanje tot die supermoondheid van daardie tyd te verhef.

Al die skepe van die Britse Vloot word "Haar Majesteit se Skip" (afgekort as HMS) genoem omdat die grondwet bepaal dat die koningin die skepe besit en bevel oor hulle uitvoer. In tye van 'n manlike monarg word "Haar" met "Sy" (in Engels "His") vervang. Die Engelse afkorting bly egter dieselfde.

Die Britse Vloot is een van die grootste vlote in die wêreld gemeet aan die bruto tonnemaat (massa en grootte van al hul skepe). Die Britse Vloot en sy hulpdienste beskik oor ongeveer 98 skepe, insluitend vliegdekskepe, duikbote, mynveërs, amfibiese en patrollievaartuie.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne